Die meeste handboeke word aan alle leerders voorsien. Sommige handboeke (Gr 8 & 9), sowel die keusevakke se handboeke (Gr 8 – 12) en werkboeke vir Afrikaans Huistaal (Gr 8 – 10) moet self aangekoop word.
- ‘n Handboekfooi, (‘n bedrag minder as die kosprys van al die boeke), is vir boeke wat deur die skool verskaf word, betaalbaar.
- Handboek fooie word elke jaar gehef. Daar is geen terugbetalings vir handboeke wat ingehandig word nie.
- ‘n Leerder word aanspreeklik gehou vir alle boeke wat nie ingehandig word of boeke wat onbruikbaar beskadig is. Die koste hiervan sal vir die ouer se rekening wees.
- ‘n Volledige lys van handboeke en skryfbehoeftes wat in elke graad benodig word, is by die kantoor verkrygbaar en kan hier afgelaai word.