IN ‘n NEUTEDOP
Hierdie afdeling is op die behoeftes van leerders vanaf die Voorberoeps Departement in die Primêre Skole gerig, asook vir leerders met leerprobleme wat nie die hoofstroom kan baasraak nie.
Die leerder se skoolopleiding duur ongeveer 4 jaar en neem gedurende die leerder se vyftiende jaar in aanvang. Gedurende die eerste jaar kry die leerder die geleentheid om meer oor al die Praktiese vaardighede te wete te kom. Dit stel hom in staat om ‘n ingeligte keuse te kan maak oor watter Praktiese Vakke hy vir die res van sy skoolloopbaan wil neem. Gedurende die Jr 1, word die leerder aan hoërskoollewe blootgestel en bied dit aan hulle die geleentheid om die nodige selfvertroue te ontwikkel en om hulle vir die hoërskoolloopbaan te oriënteer.
Vanaf Jr 1 (Vocational) maak leerders verder kennis met hulle vakpakkette. Dit help om broodnodige konsepte te vestig wat noodsaaklik is vir die gladde oorgang van Spesiale Onderwys na Verdere Onderwys en Opleiding aan ‘n Tegniese Kollege.
OPEDAG
Die Voorberoeps Departement van Hoërskool Suid-Natal hou jaarliks ‘n opedag vir Voornemende Leerders, Ouers, Onderwysers, Skoolhoofde van ander skole, Beraders, Hibiscuskus Rotariërs, Rotary Anns en geïntereseerde lede van die publiek, waarby hulle oor die Voorberoeps Departement ingelig word en hoe leerders met die hoofstroom van Hoërskool Suid-Natal geïntegreer word. Hoërskool Suid-Natal is die enigste hoofstroom skool in die land wat met ‘n Voorberoeps Departement kan spog.
DONATEURS
Die leerders en onderwysers van die Voorberoeps Departement van Hoërskool Suid-Natal is hartlik dankbaar teenoor die Hibiscuskus Rotary Klub vir hul gulde donasies en deurgaande ondersteuning.
VAKPAKKETE:
Jr 1 – 4
1. | VCOMENG | English Home Language |
2. | AFRFAL | Afrikaans First Additional Language |
1. | VCOMAFR | Afrikaans Huistaal |
2. | ENGFAL | Engels Eerste Addisionele Taal |
3. | VMATHLIT | Wiskunde |
4. | VLIFEORI | Lewensvaardigheid |
5. | VLSART | Lewensvaardigheid : Skeppende Kunste |
6. | VPHYSEDU | Lewensvaardigheid : Liggaamsopvoeding |
Jr 2 – 4
7. | VLSSCI | Lewensvaardigheid : Natuurwetenskappe |
PRAKTIES |
|
VAGRI: | Landboustudies |
VHKEEP: | Gasvryheidstudies |
VOOFADM: | Kantoorbestuur |
VCLOTH: | Naaldwerk |
VMETWEL: | Sweiswerke |
VWOOD: | Hout- en Skrynwerk |
In die Praktiese Vakke word die leerders nie alleen onderrig in die toepassing van die basiese vaardighede nie, maar leer hul ook die terminologie wat dit vir hul moontlik maak om aan ‘n VOO Tegniese Kollege hul studies voort te sit.
Waar enigsins moontlik word daar dan ook op die skool se rooster, so veel as moontlik periodes aan die Prakties vaardighede toegeken.
Die Praktiese Afdeling is relatief klein en huisves beide Afrikaans- en Engelssprekende leerders. Onderrig geskied op ‘n dubbelmedium grondslag wat beteken dat beide Afrikaans en Engels as onderrigtale gebruik word.
Die relatief klein grootte van die eenheid hou vir die eenheid besondere voordele in nl. dat die kind goeie individuele aandag ontvang en dat elke opvoeder ook elke kind in die eenheid ken.
‘n Onderwyser vir voorligting is ten alle tye beskikbaar.
Akademies funksioneer die eenheid apart van die hoofstroom, maar op alle ander gebiede vorm hulle ‘n integrale deel van die skool, met dieselfde uniform.