LSEN PRESTEER
Lesley Mhlongo het die hoogste prestasie in Lewensoriëntering behaal. Steven Forster behaal die hoogste prestasie in Wiskunde. Hy word ook as die Graadwenner in jaar 5 aangewys. Arné Steyn het met die Fisiese Wetenskappe sowel as die Ingenieursgrafika en Ontwerp toekennings weggestap. Tristan Cole het die hoogste toekenning in Meganiese Tegnologie ontvang. Kyle Moodley het met die English Home Language asook die Besigheidstudies-prys weggestap. Graham Wesson ontvang die hoogste toekenning in Gasvryheidstudies. Xolani Makhanya het met die Siviele Tegnologie-prys weggestap. Wade Griffin het die Afrikaans Eerste Addisionele Taal en Praktiese Landbou toekenning ontvang.
Lee-Ann Smith het die hoogste prestasie in Engels Eerste Addisionele Taal behaal en Reenen van der Meer het die hoogste prestasie in Afrikaans Huistaal en beste prestasie in Tweetaligheid behaal.
Baie geluk aan al die spesiale pryswenners!
PHOTO A:
Lesley Mhlongo, Steven Forster, Arné Steyn
PHOTO B:
Tristan Cole, Kyle Moodley, Graham Wesson