ONDERRIGFASILITEITE
Alle klasse is met rekenaars en dataprojektors toegerus. Dit stel personeel in staat om tydens lesse toegang te hê tot die internet en enige aktuele materiaal wat ‘n bydrae tot die leerproses kan maak.
Leerders word ook opgelei om hul selfone pro-aktief te gebruik gedurende lesse.
HUIS UKEN KOSHUIS
Ons koshuis bied Suidies ‘n tuiste waar hy/sy as ‘n individu gesien word en waar ‘n trots vir die koshuis-tradisies ontwikkel word.
Die koshuis bied die volgende:
- Ten alle tye goeie beheer en toesig
- Die verskaffing van voedsame etes
- Geleentheid om aan sport-en kultuuraktiwiteite van hul keuse deel te neem
- Vaste studietye met die nodige toesig en dissipline
- Die geleentheid om na die beste van sy/haar vermoë te presteer.
- Gesonde ontspanning.
Elke kamer huisves 2 leerlinge en ons badkamers is van uitstekende gehalte.
Daar is inwonende onderwysers wat dien as voogde.
Indien u sou belangstel in koshuisinwoning vir u kind, kan u gerus die koshuisopsigter kontak
Mev. Anchen Herbst
✆ 082 654 8163
koshuis aansoekvorm / hostel application form PDF
Koshuis Gallery
SPORT EN KULTUUR GROEPBESPREKINGS
Suidies Koshuis kan ook groepe van tot 240 mense huisves.
Kamers kan tussen 2-4 mense huisves.
Sport en kultuur Groepbesprekings: |
Kelly du Plessis ☎ 039 682 2212 ✉ suidies@suidnatal.co.za |
Koste: | Pryse op aanvraag |
SNOEPIE
Suidies spog met ‘n wenner eet-en drinkgoed kafeteria. Besoek die Snoepie pouses vir heerlike geroosterde broodjies, pasteie, slaptjips, soetgoed, verfrissende koeldrankies, water en nog meer. As jou wurmpie huil kom maak gerus ‘n draai by die Snoepie.
LEERDER ONDERSTEUNING
Liewe Suidie Ouer
Realiteit gaan soms gepaard met klippe kou, maar ons weet dat ‘n bietjie begrip die helingsproses kan begin.
Daarenteen hou die lewe soms ‘n uitbundige opgewondenheid vol moontlikhede in die hand!
Tydens hierdie dinamiese lewensfase word ons jongmense uitgedaag om ruggraat te toon; standpunt in te neem, op te staan, geleenthede aan te gryp, karakter te ontwikkel, hulself te ontdek……Die kinderleidingspan is opgewonde om te ondersteun, te bemagtig, te vier, te hoor, te help en te begelei. Ons hou van uniekheid en energie ~ ons fokus dus op persoonlike groei en vooruitgang.
Indien julle graag by ons wil kom aanklop is julle welkom om ‘n epos te stuur of telefoonoproep te maak, ons help graag!
Algemene epos:
✉ suidies@suidnatal.co.za
Telefoonnommer:
☎ 039 682 2212
Charlene Kodi:
☎ 039 685 0054
✆ 083 309 8320
Dr Charnelle Findlay (Maatskaplike Werker):
✆ 076 084 6174
✉ cmdvsskzn@gmail.com
ELDAD Counselling, Ciska van Zyl (Berader):
✆ 082 353 5556
✉ ciscavanzyl1959@gmail.com