Oud-Suidies ons hoor graag van julle!
Oud Suidies Ondersteunersgroep
Ons kry heelwat navrae oor wie en wat "SUIDIE ONDERSTEUNERS " nou eintlik is.
SUIDIE ONDERSTEUNERS is 'n amptelike nie winsgewende maatskappy wat by CIPC geregistreer is. (Registrasie nommer 2020 /178443/08)
SAID/SARS het ook aan SUIDIE ONDERSTEUNERS goedkeuring gegee vir die vrystelling van inkomstebelasting nadat ons organisasie amptelik aan die spesifikasies van n PBO (Public Benefit Organisation) voldoen het. (PBO 930070333). Daarby het die SAID/SARS SUIDIE ONDERSTEUNERS ook goedgekeur om artikel 18A sertifikate uit te reik sodat skenkers belasting voordele vir skenkings kan kry.
Ons is ook amptelik by die Departement van maatskaplike ontwikkeling gerigistreer as "Non Profit Organisation" (NPO 251-641)
Van ons doelwitte is…
Fondsinsamelings om ons oud skool en leerlinge met welsynsdienste en ander skemas van hulp te wees, funksies te reël en by te woon, bymekaarkomste te reël, kuiertjies, ken mekaar dae en nog meer. Onthou, om pret te hê is deel van alles wat ons gaan doen! Ons hoofdoel is om fondse in te samel, maar ons is ook deeglik bewus dat dit 'n uiters moeilike taak gaan wees. Indien jy, 'n maatskappy of organisasie 'n maandeliks, jaarliks of eenmalige skenking kan maak, sal dit natuurlik opreg waardeer word. Geen bedrag is te groot of te klein nie. En wees gerus, die nie winsgewende maatskappy is onderworpe aan amptelike oudits en ander wetlike reëls wat baie streng nagekom moet en sal word. Moet ook nie vergeet dat hande, kundiges en idees altyd 'n welkome bydrae sal wees. So, bemark ons deur vir almal van ons te vertel en te kry om van ons faceboek blad te hou. En ook belangrik, indien jy nie 'n bydrae kan maak nie, bly asb deel van ons. Ons gaan almal se hulp op een of ander manier nodig hê, al kan jy net die woord help versprei.