So nader ons die einde van ‘n wintersport-seisoen en ons sluit af met die wedstryd waarvoor elke speler wag en voorberei in die seisoen … SHEPPIE DAG! Sheppie dag is op 4 Junie by Hoërskool Suid-Natal.
Die dag se program is as volg:
Rugby | Netbal | Hokkie | |
08:30 | 0/15 | 0/14 | 0/16 |
09:00 | 0/15 | ||
09:30 | 2de | 0/16 | 1ste |
10:45 | 1ste |
As gevolg van die netbalproewe wat op 4 en 5 Junie gespeel word, het die eerste en tweede netbalspanne reeds gespeel en die telling vir die eerstespan was 15-15 en die tweedes het verloor 7-10.
Suidies netbal en rugby het teen Port Natal die naweek gespeel en al die spanne het hard gespeel en goeie spel gelewer. Suidies se eerste netbal span het ongelooflike netbal gespeel en die goeie spel is beloon met ‘n mooi wen.
Ons wens ons leerders sterkte toe vir die eksamen wat op 2 Junie begin.
FOTO NAME
Photo A: Kapteine van die spanne: Kofi Mkumla [Hokkie], Jaco Pienaar