You are currently viewing SKOLENUUS 29/02/2016

SKOLENUUS 29/02/2016

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

HOëRSKOOL SUID-NATAL SKOLENUUS 29/02/2016

LANDSDIENERS REEDS VROEGJAAR BEDRYWIG

Photo A

Landsdiens is ‘n gewilde kultuurorganisasie by die skool. Dit is terselfdertyd opbouend omdat aktiwititeite op gesonde beginsels gebaseer is.

Verskeie projekte en uitstappies word aangepak. Heelwat energie is gebruik om die Valentynsvieringe en –sokkie aangenaam te laat verloop. Anonieme geskenkies is bestel, gemaak en afgelewer … dit was ook ‘n geskikte geleentheid om die personeel lekker te bederf.

Nou word daar druk beplan aan die Areakamp wat eersdaags by die skool aangebied word.

Komende aktiwiteite op die “spyskaart” vorentoe … is strandskoonmaak, stap vir Bybels en heelwat meer.

Suidies het Woensdagoggend die voorreg gehad om die bekende Chanene en Jannie van Voice to Voice Promosies te verwelkom. Chanene toer die land vol met haar bekende produksies oor sosiale bekommernisse wat ons skole lam lê. Sy het ‘n uitstekende Eenmanvertoning en opvoedkundige praatjie oor “Boelies in die skool” gelewer.

FOTO NAME

Photo A: Voor: Kofi Mkumla, Tami le Roux

Middel: Jeanelle van Niekerk, Tanya du Plessis

Agter: Cassandra Rautenbach, Crystal Thomas, Verae Kritzinger