Michelle Kretzschmar het met harde werk en toegewydheid Hoërskool Suid-Natal weereens trots gemaak deurdat sy vir die KZN Skole swemspan vir 2019 verkies is. Ons wens haar baie sterkte toe vir die SA Skole swem deelname vorentoe in die jaar.
Ses van Suidies se leerders het aan die KZN-finaal redenaars in Newcastle gaan deelneem. Spesiale geluk aan Zariké Gouws en Linki Buitendagh wat onder die Top 10 geëindig het.
Sterkte aan die volgende skaakleerders wat gaan deelneem aan die UGU distrikte rondte:
Juan Mallet, Carl Beisheim, Nadrian Potonas, Bernice Pieterse, Jana Bornman, Dian Venter en Jaden Mc Intyre
FOTO NAME
Photo A: Michelle Kretzschmar
Photo B: Linki Buitendagh en Zariké Gouws