Hoërskool Suid-Natal groet Meester-Leerkrag
Me Muriel Hulshof het haar onderwysloopbaan 36 jaar terug begin waarvan 24 jaar aan Hoërskool Suid-Natal toegewy was. Sy het haar onderskei as ‘n vriendelike, entoesiastiese en toegewyde onderwyser. Haar bekwaamheid en passie vir die onderwys asook die belangstelling en omgee wat sy vir die leerders gehad het, was altyd sigbaar. Mev Hulshof se aftrede laat ‘n groot leemte in die personeelkorps van die skool, maar ons wens haar baie seën en geluk vir die toekoms toe.
FOTO NAME
Photo A: Mevrou Muriel Hulshof