You are currently viewing SKOLENUUS 25/04/2016

SKOLENUUS 25/04/2016

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Photo ASuidies landloopligaspan het Saterdag aan die KZN Queensburgh Landloopliga deelgeneem.  Die baan was baie moeilik en die wind was sterk, maar almal het hulle harte uitgehardloop.  Shain en Brandon Viljoen, Paul Saaiman en Jean-Claude Smith het goeie tye behaal in hul verskillende ouderdomsgroepe.

 

Suidies hokkie het teen Gelofte gespeel die meisies het goeie gees en speel ongelooflike hokkie.  Die eerstespan verloor en die 0/16-span wen.

Photo BDie perderuiters in ons skool  het uitstekend gevaar in die SANESA Q2 – Chané Dixon en haar perd Scipio het vyf 1ste plekke behaal.  Marizane Wagenaar en haar perd Calypso Cascade het drie 1ste plekke behaal.  Luné Arlow en haar perd Hotspace het twee 2de plekke en een 3de plek behaal.  Geluk aan die ruiters en hul perde!!!

 

FOTO NAME

Photo A:          Wilma Bezuidenhout, Eyleen Botes, Freek Botha, Quintin de Kock, Benna Saayman

Photo B:          Chané Dixon en Scipio