You are currently viewing SKOLENUUS 25/01/2016

SKOLENUUS 25/01/2016

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

DUX-LEERDER HOëRSKOOL SUID-NATAL

Carla du Plessis het na twaalf jaar se harde werk, deursettingsvermoë en positiewe gesindheid beslis die vrugte hiervan gepluk. Sy slaag as Dux met 6 A’s. Baie geluk!

Photo ASuidies se jaarlikse Swemgala was ‘n reuse sukses en almal het die dag terdeë geniet. Ouderdomswenners was: Charl Janse van Rensburg [0/14 seuns], Arno Smith [0/15 seuns] en Michelle Kretschmar [0/15 dogters], Charles Thompson [0/16 seuns], Marizaan Wagenaar en Ashke Theron deel [0/16 dogters], Nereus Potonas [0/17 seuns], Danielle Smith [0/17 dogters], Muller Booyens [Ope seuns] en Alicia Horne [Ope dogters]. Die swemmers het hul goed van hul taak gekwyt, en die rekords laat spat: Charles Thompson het 6 rekords gebreek en is as Senior Victor Ludorum aangewys. Danielle Smith het 3 rekords gebreek en is as Senior Victrix Ludorum aangewys. Photo BArno Smith het 2 rekords gebreek en is as Junior Victor Ludorum aangewys en Michelle Kretzschmar as Junior Victrix Ludorum aangewys.

Die Blouspan het as wenspan geseëvier en die graad 8’s het geskiedenis gemaak deur die geesbeker te verower.

FOTO NAME

Photo A:

Carla du Plessis

Photo B:

Voor: Arno Smith
Agter: Danielle Smith, Charles Thompson en Michelle Kretzschmar