You are currently viewing SKOLENUUS 23/11/2015

SKOLENUUS 23/11/2015

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

SPORTMAN/VROU 2015

Michelle Kretzchmar is as Sportvrou van 2015 aangewys. Sy het vanjaar in swem, atletiek en hokkie uitgeblink. Sy is in die KZN swemspan opgeneem, sy was ook vir die Distrik Hokkiespan gekies en op die Atletiekbaan het sy aan 3 Interskole byeenkomste deelgeneem en is as Junior Victrix Ludorum aangewys.

Josh du Plessis is as Sportman van 2015 aangewys. Hy het vanjaar in rugby, krieket, gholf en Aksienetbal uitgeblink. Josh het aan die KZN rugbyproewe deelgeneem en is ook vir die 0/19 SKZN Reitzspan gekies. Op die krieketveld verteenwoordig hy die 0/18 SKZN, 0/18 Coca Cola T20 ligaspan en 0/19 SKZN span. Josh was as Kaptein van die Eerste Rugby, Krieket en Gholfspan aangewys. Hy ontvang ook die Sportloopbaan Beste toekenning vir prestasies behaal vanaf 2011-2015.

Welgedaan julle twee Sportsterre!

Photo A

FOTO A:       Josh du Plessis en Michelle Kretzchmar