You are currently viewing SKOLENUUS 23/10/2017

SKOLENUUS 23/10/2017

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Suid-Natal sê totsiens …

en welkom …

Ons neem afskeid van mev Lydia Janse van Rensburg wat die tuig na 23 jaar aan Hoërskool Suid-Natal neerlê.  Juffrou Bytjie soos sy alombekend was, het diep spore getrap en sy sal gemis word.

Ons wens haar ‘n wonderlike ruskans toe en ons gebede vergesel haar op die pad vorentoe.  Besoek nuwe plekke en ervaar nuwe uitdagings, jy verdien dit!

Suidies sê welkom aan meneer Stefan Müller en mejuffrou Miné Prinsloo wat by die suidiespan aangesluit het.  Aangename werksjare word hul toegewens by Suidies.

FOTO NAME:

Photo A:       Mev Lydia Janse van Rensburg

Photo B:        Mnr Stefan Müller en Mej Miné Prinsloo