You are currently viewing SKOLENUUS 23/04/2018

SKOLENUUS 23/04/2018

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Suidies het rugby gespeel teen Durban Akademie en het hulle baie goed van hul taak gekwyt en al twee hul wedstryde maklik gewen.

Die hokkie eerstespan het aan die Spar toernooi deelgeneem by Kokstad die afgelope naweek en het 3de geëindig uit 10 skole. Welgedaan!!!

Die ouers en leerders wat nog nie Revue kaartjies gekoop het nie maak seker jul kry jul kaartjies die week. Dan is ons bevoorreg om Brendan Peyper en Steve Hofmeyr te verwelkom in Suidieland wat gaan optree op Saterdagaand, 5 Mei 2018. Indien u wil kaartjies koop kontak Karen by 039-6822212.

FOTO NAME

Photo A: Tiaan Henderson druk ‘n pragtige drie met Janco van Heerden in die agtergrond