Suidies praat met passie by die 2018 KZN ATKV-Redenaars finaal.
Suidies is baie trots op Linki Buitendagh wat uitgeblink het tydens die finaal van die 2018 KZN ATKV-Redenaars. Sy het boonop loshande met die eerste plek weggestap. Baie geluk Linki. Sy sal KZN tydens die finaal in Augustus gaan verteenwoordig. Die skool is net so trots op Shanzé Marais, Rochelle Potgieter en Mignon Potgieter vir hul deelname aan die finale rondte van die kompetisie en hul goed van hul taak gekwyt het.
Suidies het die naweek sport gespeel teen Port Natal en baie goed gevaar teen sterk opposisie.
Suidies se gr 8-Opedag vir 2019 vind hierdie Vrydag, 25 Mei 2018 plaas. Alle ouers van nuwe en toekomstige leerders word hartlik uitgenooi om die dag saam met ons deur te bring. Kontak asseblief vir Liz Collins by 039-6822212.
Soos u reeds weet, is ons skool vanjaar 50 jaar oud en ons is besig om ‘n reünie vir alle oudskoliere en –personael te reël. Die datum van die reünie is 9 Junie, op Sheppiedag. Indien u enige verdere inligting benodig, kontak gerus vir Rita by 039-6822212.
FOTO NAME
Photo A: Agter: Mignon Potgieter, Rochelle Potgieter,
Voor: Shanzé Marais en Linki Buitendagh
Photo B: Nicole Theron