HOëRSKOOL SUID-NATAL SKOLENUUS 20/03/2017
Vier atlete van Hoërskool Suid-Natal het op 10-11 Maart 2017 aan die KZN Atletiek Kampioenskappe te Kingspark, Durban gaan deelneem en uitstekend gevaar.
Hierdie atlete behaal die volgende plekke:
- Jarryd Berning (1ste plek vir Gewigstoot O/17 Seuns – Goue medalje)
- Bronwin Day-Garden (2de plek vir spiesgooi O/18 Meisies – Silwer medalje)
- Marko Pretorius (2de plek vir Diskus O/18 Seuns – Silwer medalje) & (3de plek vir Gewigstoot O/18 Seuns – Brons medalje)
- Adri van der Walt (2de plek vir Gewigtoot O/17 Meisies – Silwer medalje) & (3de plek vir diskus O/17 Meisies – Brons medalje)
Welgedaan Suidies!
FOTO NAME
Photo A: Jarryed Berning, Bronwin Day-Garden, Marko Pretorius en Adri van der Walt