Suidie-Landsdieners het saam met KZN-lede ‘n verrykende opwindende Streekkamp by Sweetdale deurgebring.
‘n Wye verskeidenheid aktiwiteite van abseil tot muurklim was vir die kampgangers ‘n heerlike fisiese uitdaging.
Daar was natuurlik groot opgewondenheid oor die genotvolle uitstappie na “Wild Waves” by die Wildekus. Ook kon hulle hul vernuf en talent beoefen met handwerk, skattejag en ‘n talentkonsert.
Ons opregte dank aan mejuffrou Nicolet Schütz, wat ‘n ogie oor die Landsdieners gehou het. En baie geluk aan Christopher Burls wat die geleentheid gebied is om as onderleier van die seunsgroep op te tree.
FOTO NAME
Photo A: Vicky Oswin, Rochelle Potgieter, Michelle Kretzschmar