You are currently viewing SKOLENUUS 19/10/2015

SKOLENUUS 19/10/2015

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

ATLETE HOU SUIDIES SE NAAM HOOG!

Photo ADrie Suid-Natal atlete is onlangs gekies vir die Pietermaritzburg Distrikte-Atletiekspan, wat op Saterdag 17 Oktober 2015, in Bloemfontein gaan deelneem het. Spanne van regoor die land het aan hierdie Prestige Byeenkoms deelgeneem.

Jeandré Day het uitstekend in die gewigstoot seuns 0/17 gevaar en ‘n briljante eerste plek behaal, Bronwin Day-Garden ‘n goeie vierde plek in spiesgooi meisies 0/16 en Müller Booyens ook ‘n briljante tweede plek in spiesgooi seuns 0/17.

Welgedaan Suidies ons is baie trots op jul prestasies!!

Mev Marie Botha, personeel en mede-Suidies wens elke Suidie-Matrikulant baie sterkte toe met die Matriek-eindeksamen wat Maandag 26 Oktober in aanvang neem. Boodskap aan Matrieks 2015: Filippense 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

FOTO A: Jeandré Day, Bronwin Day-Garden en Müller Booyens