SUIDIES TROTS OP HUL EIE “BLITS BOKKE”
Jacques Gous en Wensel Schonken was deel van die Reitz “Southern KZN u/19” rugbyspan wat aan ‘n provinsiale toernooi deelgeneem het. By die toernooi het die twee manne se vinnig en flinke spel die keurders se oog dadelik gevang. Aan die einde van die toernooi is hulle toe vir die SA 7’s u/19 toerspan na Mauritius gekies.
Veels geluk aan die twee manne wat die vrugte van ‘n harde rugby seisoen gepluk het. Suidies is baie trots op julle.
FOTO NAME
Photo A: Jacques Gous en Wensel Schonken