You are currently viewing SKOLENUUS 19/11/2018

SKOLENUUS 19/11/2018

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

GELUK AAN AL DIE SPORTSTERRE

Ons kondig aan die toekennings vir ons sportsterre vir 2018:

Netbalspeler – Wilmaré Labuschagne
Gholfspeler – Thinus Bester
Sokkerspeler – Sisa Makaula
Swemmer – Michelle Kretzschmar
Krieketspeler – JD Steyn
Hokkiespeler – Marizane Wagenaar
Atleet – Adri van der Walt
Landloper – Rachel Siyangapi
Rugbyspeler – Otto Botha
Skaakspeler – Otto Botha

Die sportvrou van die jaar toekenning gaan aan Michelle Kretzschmar – sy ontvang Erekleure vir swem verteenwoordig die KZN-swemspan, Halfkleure vir Hokkie en Volkleure vir Atletiek.

Die sportman van die jaar toekenning gaan aan Thinus Bester – hy verwerf Volkleure vir Atletiek en die KZN “Youth” Rugbyspan, verteenwoordig Suidies Swemspan en Gholfspan waarvan hy ook die kaptein is.

Suidies is trots op al hul sportsterre, welgedaan met al jul spog prestasies vir die jaar.