LANDSDIENERS ORGANISEER VALENTYNSVIERINGE AS PRETPROJEK
Die Landsdienslede het baie energie gebruik om die skool te motiveer om aan die Valentynsdagvieringe deel te neem.
Leerders het mekaar verras met kaartjies en geskenkies van ‘n onbekende bewonderaar. Die personeel is ook ‘n bietjie bederf met ‘n “ietsie” moois en lekkers.
Al die opwinding is die aand met ‘n vrolike sokkie afgesluit … dit alles is deur die landsdiens georganiseer.
Geluk aan die krieketseuns wat gekies was vir die Southern KZN span wat deurdring na die volgende rondte van die proewe: 0/15 – Marco Henning, 0/17 – Kyle Jansen van Vuuren, Kiane Joubert en Rudi Steyn, 0/19 JD Steyn deur na die tweede rondte “Regional Trials”.
Photo A: Voor: Antionette Harmse
Agter: Elizma Swart, Demi Calitz, Carla Oosthuizen, Syntiché Marnitz, Kayla Schutte