Suidies wil net geluk sê aan die volgende leerders Kayla Parsons en Dehandré Schoombie wat deel was van die 0/16 Hokkie Bokkieweek span, hul het vyfde geëindig uit sestien spanne in hul ouderdomsgroep. Bronwin Day-Garden het die 0/19 Netbal Bokkieweek span verteenwoordig en hul het agtste uit vyftien spanne in hul ouderdomsgroep geëindig.
Suidies landloopspan het aan die KZN landloopliga by Kenneth Stainbank natuurreservaat in Durban deelgeneem. Al die Suidies was onder die top 10 in hul ouderdomsgroepe met uitstekende prestasies van – Benna Saayman, Anica Saaiman en Monica Saaiman [eerste plekke]. Eyleen Botes, Lizelle Rudolph, Jonathan Grobler en Reinhardt Bosse [2de plekke] en Mikyla Lewis [3de plek]
FOTO NAME
Photo A: Bronwin Day-Garden, Dehandré Schoombie, Kayla Parsons