Suidie-Landsdienslede het met groot entoesiasme hul Valentynsprojek aangepak.
Leerders kon mekaar met naamlose Valentynsgeskenkies verras en die personeel se dag is ook met allerlei bederfies opgekikker. Met hul laaste bietjie energie, is die dag se program met ‘n vrolike opskop afgesluit.
Suidie-krieketspelers het die afgelope naweek teen Creston meegeding en die dag met gemengde welslae afgesluit.
Die tweedespan het met 6 lopies gewen . Die speler van die wedstryd was Jean-Claude Smith wat 26 lopies aangeteken het en in 2 boulbeurte 1 paaltjie geneem het en 4 lopies afgestaan het.
Die eerstespan het na ‘n baie opwindende wedstryd met 14 lopies verloor. Mikyle Bartle het goed gevaar met die kolf en 41 lopies aangeteken. Tiaan Swart het met bal in die hand goed presteer deur in 3 boulbeurte 2 paaltjies te neem en 9 lopies af te staan.
FOTO NAME
Photo A:
Voor: Gisele Victor, Jessica de Bruyn, Tinkie Zaayman, Leandrie Nel
Agter: Winé Koekemoer
Photo B:
Mikyle Bartle