SUIDIES-LANDLOPERS KOOK …
20 Suidies het Donderdag aan die Onderwysdepartement se Ugu-distrik Landloopproewe deelgeneem.
Dit was ‘n baie warm dag en ‘n uitdagende roete, maar die hardlopers het dit baie geniet.
8 Suidies het na die finale Ugu Landloopproewe deurgedring wat op 29 Augustus by die Ugu Sportsentrum gehou gaan word.
Baie geluk aan die finaliste: Mikla Lewis, Anica Saaiman, Zelda Erasmus, Jonathan Grobler, Thando Nokwe en die volgende finaliste ontvang ook medaljes: Wilma Bezuidenhout [2de plek 0/17 meisies], Lizelle Rudolph [3de plek 0/17 meisies], Rachel Siyangapi [3de plek 0/15 meisies].
Suidie-Landlopers gaan Saterdag 22 Augustus aan die KZN landloop Finaal in Pietermaritzburg deelneem. Ons wens hulle sterkte en vinnige voete toe.
Die Suidies Landloopspan het gedurende die jaar 53 medaljes vir hardloopkompetisies en pretdrafbyeenkomste ontvang. 11 Halfkleure en 7 meriete toekennings is ook hierdie jaar aan die langasems uitgedeel.
Baie dankie aan ons entoesiastiese Mej Madelein Ferreira se ondersteuning en afrigting van die span.
FOTO NAME
FOTO A: Voor: Anica Saaiman
1ste ry: Zelda Erasmus, Mikyla Lewis.
2de ry: Thando Nokwe, Rachel Siyangapi, Lizelle Rudolph, Reinhardt Bosse [kaptein], JC Smith, Heinie Pretorius, Kyle Smith.
3de ry: Wilma Bezuidenhout, Monica Saaiman, Zecon Cronje, Benna Saaiman, Nathan Albers, Charles Thompson, Dillen de Lange, Paul Saaiman.
FOTO B: Steven Forster