‘n Baie besige dag het begin met die Landsdieners wat die saalopening waargeneem het. Daarna het hul die voortou geneem in die Bybelstaptog wat deur die hele skool ondersteun is.
Na skool het die Hoërskool- en Laerskoollandsdienslede gesamentlik die Port Shepstone strand se rommel rondom die ligtoring getakel. Dit was ‘n besonder pragtige dag om die wonder van die natuur opnuut te waardeer. Dankie aan meneer Leon Botha wat namens die Sakekamer meegedoen het en sakke en handskoene verskaf het.
Daarna is die landsdieners terug skool toe om allerlei bedrywighede aan te pak. ‘n Perfekte maanligaand met ‘n kolwyntjie en ‘n worsbroodjie het net genoeg energie verskaf om ook die res van die aand te geniet.
FOTO NAME
Photo A:
Voor: Valerie Ahrens,Miyoneke Wessels, Tiaan Henderson, Bianca Caalse, Micaela van den Heever, Nicole Jansen van Vuuren
1ste ry: Duane le Roux, Abby Hattingh, Ankia Stander, Michelle Kretzschmar, Rochelle Potgieter, Cara van Zyl, Vicky Oswin
2de ry: Jason Steyn, Nikita Torlage, Madelein Middelton, Megan Barnard
3de ry: Karen Putter, Jacquis du Plessis, Lucinda Engelbrecht, Demi Steyn, Yulán Stander, Nereus Potonas, Christopher Burls