SUIDIES VAAR GOED IN AANDREEKS
Suidies se eerste- en tweedespan Netbalpoppe het die aandreeks afgeskop met oorwinnings teen Creston en South City. Albei spanne het kookwater netbal gespeel. Ons sien uit na ‘n opwindende seisoen die jaar.
Die rugby eerstespan het die aandreeks afgeskop teen Creston met ‘n groot oorwinning van 17-0. Drieë was gedruk deur Jacques Gouws, Jaques Engelbrecht en Andries Knoetze en twee uit die drie doelskoppe was suksesvol deur Müller Booyens. Die wedstryd teen South City was ‘n harde naelskraap wedstryd en die eindtelling was 7-3 in South City se guns.
Die krieket eerstespan se uitslae teen South City: Verloor met 9 paaltjies. Bouler van die wedstryd – Sibusiso Ngqengelele, kolwer van die wedstryd – Kyle Janse van Vuuren. Uitslae teen King Edward: Verloor met 6 paaltjies. Bouler van die wedstryd – Leenan le Roux, kolwer van die wedstryd – CJ Ludik en die speler van die wedstryd – Jaco Pienaar.
FOTO NAME
Photo A: Ankia Stander
Photo B: Jacques Gouws
Photo C: Wensel Schonken