TOTSIENS MNR BERGH
Hoërskool Suid-Natal groet ‘n staatmaker onderwyser wat na 31 jaar in die onderwys die tuig neergelê het. Mnr Danie Bergh sal verseker onthou word as iemand wat sy merk gemaak het … nie net in die klaskamer nie, maar op verskeie ander gebiede ook. Ons wens hom sterkte toe met sy aftrede en sal hom verseker mis.
Suidies se netbalspanne vaar goed by Fast Five. Die eerste span het gelykop gespeel teen Sheppie en gewen teen South City. Die tweede span het hul wedstryd gewen.
Suidies se eerste rugbyspan het weereens Vrydag gewys dat hul manne is waarmee rekening gehou moet word, die seisoen. Hulle het met ‘n groot wen weggestap teen South City.
Suidies se eerste krieketspan het die naweek teen King Edward gespeel en verloor.
FOTO NAME
Photo A: Mnr Danie Bergh
Photo B: Grant Marks, bal in hand, word ondersteun deur spanmaats Robert Chester en Jacques Gous