Diaan Bester het aan die ISMAA Goju Ryu Gasshuku byeenkoms deelgeneem waartydens hy vir sy Senior Swart Belt gekwalifiseer het en die gradering met Shodan status behaal het. Diaan is die afgelope sewe jaar deel van die South Coast Shorei Martial Art Academy, waar CoenieVrey die Sensei van is. Welgedaan!
Ons wil ook vir Cindi-Mari Buitendagh baie sterkte toewens met haar verkiesing om aan die tweede rondte van die KZN Jeugkoor einde Oktober te gaan deelneem. Suidies is sommer baie trots op jou CIndi-Mari
Ons nooi die ouers van ons Matrikulante 2015 uit na die Afskeids-Kerkdiens, om Vrydag
16 Oktober, om 11h00 in die skoolsaal.
FOTO A: Diaan Bester