You are currently viewing SKOLENUUS 12/03/2018

SKOLENUUS 12/03/2018

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Ons skool is ongelooflik trots op die 10 hokkiebokkies wat, tydens die UGU distrik proewe, gekies is vir die verskeie UGU-spanne.  Hierdie dogters gaan aan die KZN-proewe in April deelneem.  Sterkte met julle voorbereiding vir hierdie proewe.

Die naweek het die skool se rugby-, hokkie- en netbal eerstespanne deelgeneem in die Scottburgh Festival en baie goed gevaar.

Steve Hofmeyr bied ‘n vertoning aan by Hoërskool Suid-Natal:  Datum – 5 Mei 2018 om 19:30 en daar sal vanaf 17:30 heerlike kos te koop wees.  Kaartjies te koop by skoolkantoor teen R150 per persoon.

FOTO NAME

Photo A: 

Agter –  Kayla Jacobs, Leché Greyvenstein, Jessica de Bruyn, Samantha Pauley, Janelle van Schalkwyk, Tammy Price

Voor –  Daniélle Abel, Marizane Wagenaar, Michelle Kretzschmar, Janine Oosthuizen