Suidies speel hul eerste wedstryd teen South City. Suidies het gekies om eerste te kolf. Hulle verloor vinnig paaltjies, maar die kaptein JD Steyn skop toe vas met 20 lopies en Suidies eindig met ‘n telling van 79 om te verdedig. Die boulers en veldwerkers wys wat hulle kan doen met Kyle Jansen van Vuuren wat ‘n lopiekoers van 2,5 haal asook ‘n paaltjie neem. Kaine Joubert en Leenan le Roux neem albei twee paaltjies. Suidies verloor ‘n baie opwindende wedstryd met 3 paaltjies.
Beste kolwer – JD Steyn
Beste bouler – Kyle Jansen van Vuuren
Vier atlete het aan die Menlopark Uitnodigingsbyeenkoms in Pretoria deelgeneem. Spanne van regoor die land het aan hierdie prestigebyeenkoms deelgeneem.
Baie geluk en welgedaan aan die volgende atlete:
- Leenan le Roux – verspring seuns ope derde plek
- Leslie Walker – verspring seuns 0/15 derde plek
- Michelle Kretzschmar – hoogspring meisies 0/17 tweede plek
- Weens reën kon Marizane Wagenaar nie aan die aflos of verspring meisies ope deelneem nie.
FOTO NAME
Photo A: JD Steyn kolwer en paaltjiewagter is Ethan Scorer [Southcity]
Photo B: Kyle Jansen van Vuuren bouler en Mr Erwee Mynhardt skeidsregter
Photo C: Leenan le Roux, Leslie Walker, Michelle Kretzschmar en Marizane Wagenaar