SPORTVROU EN SPORTMAN VAN DIE JAAR
Dié gelukwensing gaan aan twee besonderse leerders wat uiters talentvol is en deurentyd toewyding getoon het:
Michelle Kretzschmar ontvang nie net die Sportvrou toekenning nie, maar ook die Sportloopbaanbeste. Almal sal Michelle onthou as die vis in die water, sy verwerf Erekleure vir die soveelste keer. Haar prestasies op die atletiekveld en die hokkieveld waar sy telkemale gekies was om die UGU span te verteenwoordig.
Kyle Jansen van Vuuren kan beskryf word as een van die veelsydigste sportmanne by die skool. Hy speel vir die eerste rugbyspan, verwerf volkleure vir sy opname in die KZN-LSEN span. Hy is deel van die LSEN UGU Distrikte-atletiekspan. Speel krieket eerstespan en kaptein van dié span. Verwerf Volkleure vir Sokker vir sy opname in die KZN LSEN-span.
FOTO:
Foto A: Michelle Kretzschmar
Foto B: Kyle Jansen van Vuuren