You are currently viewing SKOLENUUS 11/06/2018

SKOLENUUS 11/06/2018

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

SUIDIES KRAAI KONING!!

Die gesegde van die Trofee [Kat] kom weer, is weereens wáár bewys.  Die trofee bly by Suidies ná die naweek se sport.

Suidies hokkie het net weer bewys van watter stoffasie hulle gemaak is.  Na vier jaar van droogte het die eerstespan vir Sheppie met ‘n telling van 2-0 geklop.  Ons 0.16-dogters het gelykopgespeel.  Ons is baie trots op albei spanne.

Nege Junie is ‘n dag waarop Sudies se netbal voorwaar trots kan wees.  Die 0.14- en 0.15-spanne moes die knie buig, maar die 0.16’s, tweedes en eerstes maak skoonskip en wen Sheppie oortuigend.  Suidies se eerstespan het wankelrig begin, maar in die 2de kwart vasgetrap en Sheppie met 27-23 in hulle voetspore gestuit.

Saterdag was ‘n tipiese Derbydag toe Suidies en Sheppie mekaar in ‘n naelbyt-wedstryd troef.  Dié wedstryd was een van die beste skolewedstryde in jare.  Heeltyd was dit wipplankry met die telling.  Na ‘n spanningsvolle wedstryd het die eindfluitjie geblaas en Suidies het met die louere weggeloop!  Suidies wen die wedstryd met ‘n telling van 43-31 en dit is ook die vierde agtereenvolgende jaar.

Welgedaan aan elke speler wat op dié dag hulle harte uitgespeel het.  Dankie aan alle spelers, afrigters, personeel en laaste, maar nie die minste nie … ook aan die ouers.  Nie net deur die loop van die seisoen nie, maar ook algemene betrokkenheid.  Dit word opreg waardeer.

Photo A:      

Voor:

Mnre Bennie Oosthuizen [Afrigter] en Dwayne Brittion [Afrigter]

1ste ry:

Marco Pretorius, Bjorn van der Linden, Duane le Roux, Otto Botha [o/k], Jarryd Berning [k], Christopher Burls, Hentie Smith

2de ry:

Rain Achterbergh, Robert Chester, Handro Prins, Tiaan Henderson, Janco van Heerden, Eugene van der Walt, Grant Marks, Rudi Steyn, Elmar Rousseau, Johann Pretorius, Blade Kiss, Nathan Buitendag

Op Skouers:

Leenan le Roux, Ruan Gous, Mathew Thomas, Kyle Janse van Vuuren