LANDSDIENERS GENIET KAMP
Agtien landsdienslede was deel van 120 ander Natallers wat die Streekkamp by Winklespruit bygewoon het.
Interessante aktiwiteite soos krappe met flitse vang, handvaardigheid met skulpe en boeresport het kampgangers uit die kwaad gehou.
Uitstappies na die Waterpark en “Crocworld” was baie opwindend en die Haairaad het gedemonstreer hoe ‘n haai oopgesny word.
Saans was daar tyd vir talentaanbiedings, lyndans en films kyk.
Dit was ‘n uitmuntende geleentheid. Dankie aan mnre. Bennie Oosthuizen en Quintin O’Dwyer wat die groepie vergesel het.
Ons groet mev Alida du Plessis wat Afrikaans as vak by ons skool aangebied het wat nou haar vlerke sprei en na Louis Trichardt verhuis.
Ons verwelkom me Karen Badenhorst en Diana Rogers wat by ons administratiewe personeel aansluit. Hoop hul sal tuis en gelukkig by Suidies wees.
FOTO NAME
Photo A: Mev Karen Badenhorst en Diana Rogers
Photo B: Mev Alida du Plessis