You are currently viewing SKOLENUUS 07/11/2016

SKOLENUUS 07/11/2016

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

TOT SIENS …

Hoërskool Suid-Natal groet twee van hul personeellede…

Mev Diana Rogers verlaat ons na ‘n baie kort rukkie.  Sy het egter diep spore getrap en ons wil net vir haar baie dankie sê vir die harde werk en wens haar alle voorspoed toe by haar nuwe werk.

Dr Wiele Janse van Rensburg wat uitree na 40 jaar in die onderwys waarvan hy 21 jaar by Hoërskool Suid-Natal spandeer het.  Hy was aangestel as die Adjunkhoof in Januarie 1995.  Hy het Fisiese Wetenskappe as vak aangebied en het ook opgetree as die koshuis Superintendent die laaste paar jare.  Dankie vir die diens wat u aan die skool gelewer het.  Ons groet jou as kollega en wens jou alles van die beste toe vir jou aftree-tyd.  Geniet dit, doen wat lekker is en mag dit met jou goed gaan.

FOTO NAME

Photo A:          Mev Diana Rogers

Photo B:         Dr Wiele Janse van Rensburg