You are currently viewing SKOLENUUS 05/06/2017

SKOLENUUS 05/06/2017

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Hoërskool Suid-Natal moes onlangs afskeid neem van ‘n  bekwame en uitstekende sekretaresse, me Jackie Erasmus.  Vir bykans 10 jaar het sy haar optimisme en energie met ons gedeel. Sy het so pas in Durban tot ‘n nuwe beroep toegetree.  Ons gaan haar verseker mis en wens haar alle voorspoed toe in die jare wat voorlê.

Die naweek se wintersport teen Werda was baie positief, veral ten opsigte van die tellings wat ons behaal het.  Geluk aan al die spanne en afrigters.

Sheppiedag, 10 Junie,  lê nou voor en dit is ook ons laaste wedstryde van die seisoen.  Ons vra dat alle ondersteuners, ouers en leerders dáár sal wees om die spanne te ondersteun.

Die program vir die dag is:

Rugby:  08:30          0/14

09:30          15/16

10:30          1ste

Netbal:  08:30         0/14, 0/15 & 2de

09:00         0/16

09:30         1ste

Hokkie:  08:30        0/16

09:30         1ste

FOTO NAME

Photo A:  Jackie Erasmus

Photo B:

Bo – Jacques Gous [Rugbykaptein], Ashké Theron [ Netbalkaptein], Marizane Wagenaar [Hokkiekaptein]

Voor – Adriaan Schonken [Gholfkaptein], Bronwin Day-Garden

[Netbal – onderkaptein], Carla Scholtz [Hokkie – onderkaptein], Wessel Strydom [Rugby – onderkaptein]