You are currently viewing SKOLENUUS 05/02/2018

SKOLENUUS 05/02/2018

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

By Suidies se interhuisgala het die leerders die rekords laat spat in die water.

Charles Thompson [0/19] verbeter vyf rekords met die gala:  50m vlinderslag, rugslag, borsslag en 100m vryslag. So ook die 4 x 25m individuele wisselslag.

Keytin Voster [[0/15] laat nie op hom wag nie en verbeter 4 rekords:  50m vlinderslag, rugslag en vryslag asook die 100m vryslag.

Jay-Dee Steyn [0/19] verbeter 50m borsslag rekord.

Arno Smith [0/17] verbeter 50m borsslag rekord.

Die volgende swemmers word aangewys as:

Junior Victrix Ludorum – Brittney van Vuuren

Junior Victor Ludorum – Keytin Voster

Senior Victrix Ludorum – Michelle Kretzschmar

Senior Victor Ludorum – Charles Thompson

Watter pragtige vertoning deur baie talentvolle swemmers. Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die sukses van dié interhuisgala.

Nelzaan Strydom en Wine Koekemoer het die naweek KZN Level 2 geswem.  Nelzaan het 9 medaljes gewen en is as ouderdomsenner aangewys.  Wine het 2 medaljes gewen.  Suidies is baie trots op julle prestasies.

FOTO NAME

Photo A:   Charles Thompson

Photo B:    Keytin Vorster