Tydens ‘n glansryke geleentheid in die stadsaal, het die Burgemeester ‘n trofee en sertifikaat aan Hoërskool Suid-Natal oorhandig as erkenning vir een van die skole wat goed in die Distrik presteer het. Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om elke onderwyser en leerder te bedank vir hulle harde werk en toewyding. Sonder julle kosbare aandeel sou ons hierdie erkenning nié ontvang het nie.
Suidie leerders het aan die Grondwoorde Gedigte-kompetisie deelgeneem. Die doel van die kompetisie is om die gebruik van die Afrikaanse taal te bevorder, om ondersteuning aan aspirantdigters te verleen en om brûe tussen ‘n meer diverse groep leerders te bou.
Baie geluk dan aan die volgende leerders met hul uitnemende skryfwerk: Mignon Potgieter [Naaswenner en Kategoriewenner], Ronan Pienaar [Imhlabathi pryswenner] en ook aan Marlene Cloete, Caitlyn van Dyk, Eugene van der Linde, Jo-Anne van der Wath en Kayla Vosloo met hul eervolle vermelding.
FOTO NAME
Photo A: Mrs Marie Botha [Skoolhoof]