SUIDIES DUX LEERDERS 2020
Hoërskool Suid-Natal het onlangs hul Dux leerling aangewys en hierdie jaar is twee leerlinge die trofeë toegeken. Leoné Booyse en Thinus Bester deel hierdie jaar die prestasie.
Thinus het ook vanaf Graad 8 tot Graad 11 ‘n 85% gemiddeld gehandhaaf en het dus sodoende gekwalifiseer vir die skool se nuwe Prestige baadjie!
Baie geluk aan albei leerlinge. Ons wens julle alles van die beste vir die toekoms toe.
Fotoname:
Foto A: Thinus Bester, Mnr Jakkie Herbst [Skoolhoof] en Leoné Booyse