LANDSDIENSLEDE VIER LENTEDAG
Landsdieners het moue opgerol om Lentedag met kleur en geur te vier.
Personeel is met allerlei bederf. Daar is ook besoek afgelê by Mbango en die Flower Foundation om die senior burgers se dag op te vrolik. Die heerlike verversings en vrolike sang het groot byval gevind. Tot groot verwondering van die Landsdieners het die bejaardes waar moontlik saamgesing en dit was met weemoed dat hul tot siens moes sê.
Nou is al die pret verby en almal sit skouer aan die wiel vir die akademie.
Voor: Cindy Bond, Marléne Cloete, Jessica de Bruyn, Zaskia Delport, Mignon Wessels, Tinkie Saayman, Jessel Victor
Agter: Nicole Jansen van Vuuren, Miyoneke Wessels, Samantha Pauley, Bianca Caalse, Juf Nicolet Schütz en Juf Christé, Ethan Grobler, Leandrie Nel, Hayley Saliba, Juanita Kritzinger, Barend Claasen, Janus Wagenaar, Nathan Broxham