You are currently viewing SKOLENUUS 27/07/2015

SKOLENUUS 27/07/2015

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

VIER SUIDIES ONTVANG SPRINGBOKTOEKENNINGS

Photo AHoërskool Suid-Natal is ongelooflik trots op die vier Landsdieners en matrikulante nl. Josh du Plessis, Carla du Plessis, Ilze de Wet en Adél van Wyk.

Hul aktiewe deelname, pligsgetrouheid en toegewydheid oor die afgelope 5 jaar het vrugte afgewerp wat die hoogste verwagtinge oortref het.

Carla du Plessis was ook tydens die Streekskamp as Kampleidster gekies waar sy Suid-Natal se naam hoog gehou het.

Opregte gelukwensinge vanaf die skool en die Landsdiens. Ons wil ook die Borge opreg bedank vir elkeen se finansiële bydrae om die Streeks en Nasionalekampe vir die leerders moontlik te gemaak het.

Photo BVrydag, 24 Julie trotseer ‘n groep Landsdieners ten spyte van die gure weer, Port Shepstone se strand help skoonmaak. Elkeen was met ‘n swartsak gewapen en teen die einde van die middag was ‘n groot deel van die strand silwer skoon agtergelaat. Dankie aan die brawe Landsdieners vir die skoonmaakprojek.

FOTO NAME

Foto A: Ilze de Wet, Josh du Plessis, Carla du Plessis [Adél van Wyk afwesig]

Foto B: Jeandré Day, Dehandré Schoombie, Valerie Ahrens, Melissa Morrison, Daniëlle Roets, Yulàn Stander, Francois Pretorius