You are currently viewing SKOLENUUS 10/08/2015

SKOLENUUS 10/08/2015

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

JOSH … MAN MET VELE TALENTE

Josh du Plessis was vir die Suidelike KZN 0/19 span gekies wat aan die Reitz-week in die Vrystaat deelgeneem het. Hy verteenwoordig die “South Coast Legends” 7’s span wat in Durban aan die toernooi deelneem. Josh word ook vir die SKZN 0/18 krieketspan gekies en word as kaptein van die span aangewys. Hy was ook ons eerste rugbyspan-kaptein vir 2014/2015 en het sowaar sy span na onmoontlike hoogtes gelei. Josh Suidies sê geluk en is baie trots op jou. Hierdie is beslis ‘n mannetjie wat in die toekoms dopgehou moet word.

Die landlopers Kyle Smith, Zelda Erasmus en Paul Saaiman werk hard en het drie eerste plekke tydens die Interskole-landloop teen Creston behaal.

Eerskomende Donderdag vind die Distrik Onderwysdepartement Landloop-Fees by Ugu Sportkompleks plaas. Baie sterkte aan die Suidies wat daaraan gaan deelneem.

Photo A Photo B

 

 

 

 

 

 

 

FOTO NAME

FOTO A: Josh du Plessis

FOTO B:   Paul Saaiman