Die Suidies landloopspan het Saterdag aan hul eerste KZN landloopliga te Summerveld SA Jockey Acadamy in Shongweni deelgeneem. In ‘n pragtige omgewing en die perfekte hardloopweer het al die atlete vinnige tye behaal met Jeandry Smith wat ‘n 1ste plek in die mans-ope afdeling losgehardloop het en Rachel Siyangapi wat ‘n skitterende tyd van 19 minute oor 4km behaal het. Harde oefening is nou in die vooruitsig vir die volgende liga en die Hibiscus pretdraf wat voorlê.
Saterdag het ons skool die “KZN Regional SPAR” hokkietoernooi aangebied. King Edward het weereens met die trofee weggestap. Suid-Natal het 6de geëindig. Hulle het 5 wedstryde gespeel – 2 gewen, 2 verloor en 1 gelykop. Baie dankie aan almal wat gehelp het om die dag ‘n sukses te maak.
FOTO NAME
Photo A: Kyle Smith, Ethan Grobler, JC Smith, Wilma Bezuidenhout (Kaptein), Freek Botha en Jeandry Smith.
Voor links Beanca Pretorius, Rachel Siyangapi en Monica Saaiman