You are currently viewing SKOLENUUS 15/08/2016

SKOLENUUS 15/08/2016

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Photo AHoërskool Suid-Natal het ‘n baie geslaagde interhuis atletiekbyeenkoms gehad.   Daar het altesaam 37 rekords gespat. Daar was vyftien atlete wat elk een rekord verbeter het.  Die atelete wat twee rekords elk verbeter het is:  Thinus Bester, Ashké Theron, Jeandré Day, Shain Viljoen, Rachel Siyangapi,  Jarishca Hoffman, Adri van der Walt en Enrico Burger. Michelle Kretzschmar en Marizane Wagenaar het nie op hul laat wag nie en het elkeen drie rekords verbeter.  Die matrieks het hul gate uitgeniet en met groot geesdrif aan die items deelgeneem.  Die Blouspan het as die wenners uit die stryd getreë.

Die volgende atlete het toekennings ontvang:

  • Simoné Pauley – Junior Victrix Ludorum
  • Enrico Burger – Junior Victor Ludorum
  • Adri van der Walt – Senior Victrix Ludorum
  • Sibusiso Ngqengelele – Senior Victor Ludorum

FOTO NAME

Photo A:  Voor:  Simoné Pauley [Junior Victrix Ludorum], Adri van der Walt [Senior Victrix Ludorum]

Agter:  Enrico Burger [Junior Victor Ludorum], Sibusiso Ngqengelele [Senior Victor Ludorum]