Suidies se 1ste netbalspan het aan ‘n toernooi by Kingsway deelgeneem, waarin Jarishca Hoffman aangewys is, as die beste speler van die Suidies span en om alles te kroon ons naam hoog gehou toe sy gekies word vir die “All Star” span.
Suidies het teen Kuswag die naweek gespeel, die netbalspanne het maar swaar gekry teen die sterk opposisie, die hokkie 0/16 wen en die 1stes verloor. Die rugbyspanne het met gemengde welslae weggestap: 14/15 gekombineer verloor, 16/2des gekombineer speel gelykop en die 1ste span wen 21-10.
E G Jansen Redenaars
Rochelle Potgieter en Ankia Stander het deurgedring na die finale rondte van die EG Jansen Redenaarskompetisie. Hulle twee het as die Juniorspan hul uitstekend van hul taak gekwyt. Baie geluk, ons is baie trots op jul twee.
Komende gebeure:
Hokkie eerste rondte proewe 0/14, 0/16 en ope – 17 April – Durban Girls College.
Spar toernooi – 16 April – Kokstad
Netbal proewe 2de rondte – 14 April
FOTO NAME
Photo A: Jarishca Hoffman