You are currently viewing SKOLENUUS 14/03/2016

SKOLENUUS 14/03/2016

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus
Photo A
Photo A: JC Smith en Kyle Smith

8 Skole reg oor KZN het die Landsdiens Areakamp by Suid-Natal bygewoon. Saterdag het hulle die strand skoongemaak, handvaardighede beoefen en Sondag afgesluit by die NG kerk Port Shepstone. Baie dankie aan mev Mariana Rheeder en juf Nicolet Schütz vir al die kampreëlings en dan laaste, maar beslis nie die minste nie vir mev Wilma de Beer wat gesorg het vir die lekker kos.

Kyle Smith en JC Smith het aan die Witness 10km wedloop in Pietermaritzburg deelgeneem. Albei het dit onder 50 minute voltooi en ‘n medalje vir hierdie fantastiese tye gekry.

Suidies vs Werda –Die Hokkie se 0/16 span het gewen en die hokkie 1ste span het verloor. Al Suidies se rugbyspanne het hul wedstryde gewen, welgedaan manne!

Tellings:

Hokkie – 0/16 2-0 en 1stes 0-2

Rugby – 0/14 36-0; 2des 29-14 en 1stes 29-14

Gholf – Geluk aan ons Gholfspan, Wensel Schonken, Adriaan Schonken, Janrick Labuschagne en Jaco Janse van Rensburg, wat dié gesogte Kenako toernooi gewen het, Suidies is trots op julle.

FOTO NAME

Photo A: JC Smith en Kyle Smith