Eerste krieketspan speel teen Port Shepstone High School, hul verloor met 217 lopies. Die volgende spelers is aangewys as die beste kolwer: AC Staden, beste bouler en speler van die wedstryd: CJ Ludik.
Die Junior krieketspan speel teen Sheppie 20 boulbeurte en wen met 16 lopies. Die volgende spelers is aangewys as die beste kolwer: Rudi Steyn, beste bouler en speler van die wedstryd: Adriaan Schonken, hy neem 5 paaltjies en het net 3 lopies afgestaan.
Die Junior krieketspan speel teen Sheppie 30 boulbeurte en verloor met 18 lopies. Die volgende spelers is aangewys as die beste bouler: Reyneke de Wet, beste kolwer en speler van die wedstryd: Tiaan Swart wat 50 lopies nie uit nie, aangeteken het.
Vier van Suidies se atlete, Jeandré Day, Bronwin Day-Garden, Müller Booyens en Marizane Wagenaar het as deel van die Pietermaritzburg Distrikte Atletiekspan deelgeneem in Pretoria waar spanne van regoor die land kompeteer het. Jeandré Day het ‘n derde plek in gewigstoot 0/17 en Müller Booyens ‘n vierde plek in spiesgooi 0/17 behaal.
FOTO NAME
Photo A: Tiaan Swar
Photo B: Adriaan Schonken
Photo C: CJ Ludik