Mnr en Mej. Suid-Natal 2023

Met ‘n effense kinkel in die agenda, het die Gr 11’s die 007 tema met baie entoesiasme aangepak om ‘n opwindende en genotvolle aand te geniet en aan die toeskouers opwinding te bied.

Wenners van links na regs: Aldrich Wichmann (2de Prins); Aphiwe Bulose (1ste Prins); Diaan Botha (Mnr. Suid-Natal); Luca Meyer (Mej. Suid-Natal); Nikita Grobler (1 ste  Prinses); Lereese Oelofse (2 de Prinses).

2022

Die jaarlikse Mnr. & Mej. Suid-Natal kompetisie is onlangs met baie opwinding gevier. Dit was die eerste kulturele funksie op die skool se kalender nadat Covid-19 inperkings gelig is.
Die Graad 11 en 12 deelnemers is deur die gemeenskap geborg en het die geleentheid aangegryp om deel van hierdie gesogte gebeurtenis te wees.

Die tema was antieke Egipte en die dekor was asemrowend!

Wenner van die jaarlikse Mnr & Mej Suid-Natal Kompetisie (agter, van links), Tweede Prinses, Aviwe Mbotho; Eerste Prinses, Liandie du Toit; Eerste Prins, Tiaan Moolman; Tweede Prins, Tian du Plessis, met Mej Suid-Natal, Linki Buitendagh (voor, links) en Mnr Suid-Natal, Juan Bezuidenhout.

2019

‘n Onvergeetlike aand met baie opwinding en hope pret! Ons kan werklik spog met van die mooiste jong mense op die Suidkus!

Sjarmante Martin Fourie is gekroon as Mnr Suid-Natal met aantreklike Rudi Steyn en Johan Pretorius as eerste en tweede prinse.

Die lieflike Cara van Zyl is ons Mej Suid-Natal 2019 en haar mooie prinsesse is Ankia Stander en Nikila Tender.

2017

MNR SUID-NATAL CHARLES THOMPSON & MEJ SUID-NATAL ASHKé THERON

Hoërskool Suid-Natal was Vrydagaand 3 Maart 2017 omskep in die nuwe “Olimpus”. Griekse gode en godinne het die asems weggeslaan! Die volgende leerders het weggestap met die lourierkranse:

Mej Fotogenies: Ashké Theron

Mnr Fotogenies: Charles Thompson

Gr 12 Mej Persoonlikheid: Eyleen Botes

Gr 12 Mnr Persoonlikheid: Jacquis du Plessis

Gr 11 Mej Persoonlikheid: Marizane Wagenaar

Gr 11 Mnr Persoonlikheid: Thyren Potgieter

Mnr Suid-Natal – Charles Thompson

1ste Prins – Thyren Potgieter

2de Prins – Nico Gouws

Mej Suid-Natal – Ashké Theron

1ste Prinses – Esther Boshoff

2de Prinses – Marizane Wagenaar

Ons opregte dank aan die gemeenskap wat weereens hul beursies wyd oopgemaak het om hierdie fondsinsamelingspoging suksesvol te laat verloop.

Dit was ‘n voorreg om oud Suidies Camena Drakopoulos, Rudi Prinsloo, Helenka Barnard, Sharna-lee van der Merwe uit te nooi as beoordelaars en Sean van Tonder het ons met sy ondervinding bygestaan.

2016

Die gewilde Mnr / Mej Suid-Natal-kompetisie is in 2016 gekombineer en het op Vrydag,4 Maart plaasgevind. Dit was ‘n aand vol afwagting en pret.

52 Deelnemers het hul harte uit gedans en die beoordelaars bekoor met hul natuurlikheid, sjarme en skoonheid.

Mej Suid-Natal (Kofi Mkumla) en Mnr Suid-Natal (Reinhardt Bosse).

1ste Prinses en Prins : Crystal Thomas en Nico Gouws

2de Prinses en Prins : Alicia Horne en Jarred Gross

Mej. Suid-Natal en Mnr.Suid-Natal word alternatief elke jaar gehou.

Onderwysers in beheer:

Mev. T Le Roux, Mev. S. Nell en Mej. N. Schütz

2015

MNR SUID-NATAL 2015 ‘n REUSESUKSES

Eljuan du Toit (1ste Prins), Stian Vermaak (Mnr. Suid-Natal) en

Josh du Plessis (2de Prins)

Mnr Suid-Natal het op 13 Maart 2015 plaasgevind en ons het ‘n ware skouspel ervaar met indiane. Die agtergrond was geverf en tente gebou, danspassies ingeoefen en al die seuns het baie spoggerig gelyk. Die skare was meelewend en ‘n uitsonderlike Suidie-tradisie het weereens gestalte gekry.

Mnr Fotogenies : Gerhard Grové

Mnr Persoonlikheid Gr 12 : Cameron Smit

Mnr Persoonlikheid Gr 11 : Muller Booyens

Dankie aan al ons borge en die gemeenskap wat hul harte en beursies oopgemaak het.

Mnr. Suid-Natal 2015

Onderwysers in beheer:

Mev. T Le Roux, Mev. S. Nell en Mej. N. Schütz

2014

MEJ SUID-NATAL 2014

Mej.Suid-Natal 2014/2015 Amanda Smit, Chantelle Makkink (links) 1ste prinses en Annika Kotze (regs) 2de prinses