SUIDIES Sê TOTSIENS EN WELKOM …
Mev Madri Maritz was lank verbonde aan Hoërskool Suid-Natal en het op alle gebiede haar lojaliteit aan die skool bewys, van die sportveld tot in die klaskamer. Sy was ma van vele en ‘n ware vriendin en kollega. Suid-Natal wens haar net die beste toe by Westville Boys High School en ons verlies is hul gewin…
Ons wil vir mnre Jaco Erasmus en Dwayne Brittion in Suidieland welkom heet! Meneer Erasmus het by ons as faktotum aangesluit en Mnr Brittion is as onderwyser by die Lsen Afdeling aangestel. Ons hoop dat hulle nog ‘n lang paadjie saam met Suid-Natal sal stap.
FOTO NAME
Photo A: Mev Madri Maritz
Photo B: Mnr Dwayne Brittion en Mnr Jaco Erasmus