You are currently viewing SKOLENUUS 16/03/2020

SKOLENUUS 16/03/2020

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Vrydag, 13 Maart het Hoërskool Suid-Natal tesame met Suid-Natal Laerskool ‘n Area-kamp aangebied.  Landsdieners het spekboompies geplant, stiltetyd en “parkrun” was hoogtepunte.  Spokejag was ook op die lys van aktiwiteite.  Dit was ‘n onvergeetlike kamp wat met ‘n opelug konsert afgesluit het.  Viva Landsdiens!

Soos u weet het die President afgekondig dat alle skole sluit vanaf 18 Maart 2020 en heropen op 14 April 2020.

Die Mnr en Mej Suid-Natal funksie sal geskuif word na die tweede kwartaal, die datum sal nog vasgestel word.

FOTO NAME

Photo A:         Nathan Broxham, Janus Wagenaar en Ethan Grobler