You are currently viewing SKOLENUUS 17/02/2020

SKOLENUUS 17/02/2020

Landsdiens organiseer Valentynsvieringe

Heelwat leerders het naamlose Valentynsgeskenkies ontvang en dit het die dag met opwinding laat begin.

Die personeel is ook met verversings en verrassingsgeskenkies bederf.

Ten spyte van die oorweldigende  hitte, was daar genoeg energie oor om met mening te sokkie. En alhoewel die donkerte oor ons toegesak het, het die leerders die dag op ‘n hoë noot afgesluit.

Dankie aan die Landsdienslede wat help organiseer het aan die dag se gebeure.